Binder gesels oor podium-plek

Die Suid-Afrikaner Brad Binder sê hy is werklik trots om terug te wees op die podium nadat hy tweede gekom het by die Japannese MotoGP. Die Australiër Jack Miller het die wedren gewen terwyl die Spanjaard Jorge Martin derde was. Binder sê hy en die span, Red Bull KTM, het hierdie seisoen so hard gewerk, maar het nie te goed gevaar nie. Daarom laat hierdie podiumplek ‘n goeie gevoel: