Vroue-tennistoernooi se eindstryd in Texas, nie in China, gespeel

Tennis: Die eindtoernooi van die vrouetoer gaan in Texas gespeel word nadat China internasionale toernooie ontneem is weens sy hantering van die plaaslike speler, Peng Shuai. Sy het drie-weke lank verdwyn nadat sy ‘n hoëprofiel politikus van seksuele aanranding beskuldig het, maar later haar verklaring teruggetrek het. Die eindtoernooi is in 2018 in ‘n langtermyn-kontrak aan Shenzhen toegeken. Die uitvoerende hoof van die vroue-vereniging WTA, Steve Simon, sê die geleentheid kan dalk volgende jaar na China terugkeer. Die byeenkoms vind van 31 Oktober tot 7 November in Fort Worth plaas.