Vliegtuig wat noodlanding moes maak, behoort aan vliegskool

Die direkteur van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die Namibiese vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, het meer inligting verskaf oor ‘n private vliegtuig wat vandag ‘n noodlanding op die distrikspad tussen Hochfeld en Otjozondo in die Otjozondjupa-streek uitvoer het. Die enjin van die vliegtuig het glo gestaak en die twee insittendes is ongedeerd. Abraham sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vliegtuig behoort aan die Signa Aviation-vliegskool.