Elf vas oor onwettige drank-distilleerdery

Die polisie in Gauteng het ‘n onwettige drank-distilleerdery gesluit en elf verdagtes in hegtenis geneem. Daar word beweer die verdagtes het onwettige alkohol vervaardig in Katlehong. Na raming het die onwettige drank ‘n straatwaarde van vyf miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê tien verdagtes is vermoedelik buitelandse burgers en die departement van binnelandse sake sal hulle sake verwerk.