Vroue moet hul gesondheid eerste stel tydens Vrouemaand

Die departement van gesondheid in Kaapstad versoek vroue om hul gesondheid voorop te stel hierdie Vrouemaand. Volgens die departement het die aantal vroue wat klinieke besoek vir hul gesondheidsbehoeftes rakende moeder- en voortplantingsjare op ‘n jaarkoers effens gedaal. Ma’s se gesondheidsbesoeke het van 72 441 tot 68 972 gedaal. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid, Patricia van der Ross, doen ‘n beroep op vroue om langtermyn gesondheidsprobleme te vermy aangesien die voortplantingstelsel delikaat en ingewikkeld is.