MEFT doen nadoodse ondersoek op renosterkarkas 

‘n Nadoodse ondersoek word vandag op die karkas van die witrenosterbul gedoen wat Maandag op ‘n plaas in die Gobabis-distrik ontdek is. Die horings van die renoster is deur die stropers verwyder. Birgitte Kötting van die Namibiese omgewingsministerie is tans op die plaas om die nadoodse ondersoek uit te voer, het die eienaar van die plaas vandag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die bul was tussen drie en vier jaar oud en dit is die derde renoster wat al op die plaas gestroop is. Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.