Action SA verwelkom nuwe stadsbestuurder van Tshwane

ActionSA in Gauteng het die veelparty-koalisie se aanstelling van Johan Mettler as die nuwe stadsbestuurder van Tshwane verwelkom. Die party sê hy is ‘n sterk kandidaat met ‘n geskiedenis van goeie leierskap en hy het die vermoë om munisipaliteite in moeilike finansiële posisies om te keer. ActionSA se koukus-woordvoerder, Thabang Sebotsane, sê die party is vol vertroue dat Mettler se vaardighede en ervaring van onskatbare waarde sal wees in die werk om te verseker alle inwoners van die metro ervaar positiewe veranderings met die veelparty-koalisie.