Vroue-joernaliste geteister

Vroue-joernaliste word seksueel en fisiek geteister, sê die Internasionale Sentrum vir Joernaliste. Talle vroue in die media ervaar ook beledigende taalgebruik, dreigemente om professionele en persoonlike reputasies te beskadig, digitale veiligheidsaanvalle, wanvoorstelling deur gemanipuleerde beelde en finansiële bedreigings. Die Sekretaris-Generaal van die Redakteursforum van Namibië, Ronelle Rademeyer, gee aan Kosmos 94.1 Nuus haar mening oor die situasie van Namibiese vroulike joernaliste. Sy sê tydens die onlangse Wêredpersvryheidsdag se vieringe is hierdie kwessie deeglik bespreek.