SA Mededingingskommissie het aanlyn markondersoek

Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het met ‘n aanlyn markondersoek na bemiddelings-platforms begin om meer begrip te bekom oor die aanlynmarkte wat in Suid-Afrika bedrywig is. Hy wil verder bepaal of daar faktore is wat mededinging kan belemmer of openbare belang kan ondermyn. Woordvoerder Siya Makunga sê die ondersoek sal gespits wees op aanlyn markte wat transaksies tussen ondernemings en verbruikers vergemaklik, en die publiek is welkom om deel te neem.