Inwoners van Kavango ding mee met krokodille vir water

Waterskaarste in die streke van Kavango-Oos en –Wes is ‘n krisis met inwoners wat met krokodille moet meeding om water te kry. Dit is volgens ‘n Raadslid van die Rundu Landelike Kiesafdeling, Paulus Mbangu, die enigste onafhanlike kandidaat. Hy het vandag in die Nasionale Raad tydens die begrotingsdebat vir beter watervoorsiening in die streke gepleit.