Vroue in landbou onder die loep by beraad in hoofstad

Heiress Communications gaan op 22 September ‘n beraad oor vroue en landbou by die Nasionale Teater van Windhoek aanbied. Die tema is “Tackling Global Food Insecurity and Women’s Role in Feeding the World.” Die beraad word as uiters belangrik geag omdat vroue-boere op die vasteland bevorder moet word, veral in verband met grondbesit. Daar sal meer as 15 sprekers van verskeie organisasies wees, insluitend die Namibiese Akkerbouraad, die Vleisraad van Namibië, USAID, die Ontwikkelingsbank van Namibië, AgriBank en die Roots Landboukollege. Die projekkoördineerder Paulina Mbango gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor vroue se rol in landbou.