Oktober se rentekoers: Dinge lyk bedroef

Die Bank van Namibië sal op 19 Oktober die nuwe repokoers aankondig. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is egter gereed om rentekoerse weer te verhoog wanneer die sentrale bank se hoofde Donderdag die aankondiging maak, het kenners gewaarsku. Dawie Roodt, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, is van mening dat die repokoers met 75 basispunte kan styg. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, stem saam en sê wat ook al in Suid-Afrika gebeur rakende die repokoers, Namibië sal raak. McGregor verduidelik…