Vroue in die soeklig

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê geen vrou behoort die regte, geleenthede en middele vir ‘n veilige, regverdige en vooruitstrewende lewe ontsê te word nie. Hy het ‘n virtuele toespraak by die Generasie Gelykheidsforum se Aksie-koalisie-vergadering gelewer. Ramaphosa sê Suid-Afrika verbind hom tot die ondersteuning en implementering van die aksies soos vervat in die wêreldwye versnellingsplan vir ekonomiese geregtigheid en regte:

Intussen sê Ramaphosa gebrek aan toegang tot finansiële dienste en produkte, raak veral armer vroue in die informele sektor, die sonder inkomste en diegene wat ongeletterd is. Hy voeg by dit verhoog vroue se kwesbaarheid vir ekonomiese skokke en kan in sommige gevalle selfs blootstelling aan geslagsgeweld verhoog: