Voedsel en huur die grootste uitgawe

Die huidige hoë voedselpryse in Namibië plaas verbruikers onder verdere druk en volgens berigte word dit deur beperkings in voorraad gedryf. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê voedselinflasie het van 4,8 persent in Mei verlede jaar na 7,1 persent in Mei gestyg. Vleis het die grootste styging getoon van 6,5 persent verlede jaar tot 16,9 persent op die oomblik. Intussen het huur ook toegeneem. Verlede jaar Mei het huur ingekrimp met 2,3 persent en tans is daar ‘n positiewe groei van 1,3 persent, wat ‘n styging van 3,6 persent verteenwoordig. Met die jongste syfers sal ‘n huishouding wat 100 Namibiese dollar het om te bestee, 16 dollar 45 sent daarvan op voedsel en 28 dollar 86 sent op behuising bestee.