Outa looi Mbalula

Die buurland se Organisasie teen Belastingmisbruik oftewel Outa sê dis geen verrassing dat die Wet op die Administratiewe Beoordeling van Padverkeersoortredings se strafpunt-stelsel wat gister moes begin het, nou na Julie volgende jaar uitgestel is nie. Die vervoerminister, Fikile Mbalula, het bekend gemaak dat die wet in fases sal begin, maar dat die strafpunte teen lisensies vertraag is sodat die nodige infrastruktuur gevestig kan word. Stefanie Fick van Outa sê hulle het herhaaldelik die probleme met die stelsel uitgewys: