Vroue het meeste tydens pandemie gely – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die Covid-19-pandemie kan die afgelope dekades se vordering met vroue se posisie in die werkplek ongedaan maak weens die groter uitwerking op vroue se salarisse, indiensneming en opleidings-moontlikhede. Navorsing toon dat die pandemie veral groot verliese meegebring het vir vroue met jong kinders wat minder ure by die kantoor kon gaan werk as mans. Besturende direkteur Kristalina Georgieva sê beleggings in vroeë kinder-ontwikkeling beteken dat meer vroue tot die arbeidsmark kan toetree: