Biden teiken 70-persent vir 4 Julie

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n nuwe doelwit van 70-persent gestel vir die aantal Amerikaners wat teen 4 Julie minstens een dosis Covid-19-entstof moet ontvang. Nagenoeg 105 miljoen Amerikaners is reeds volledig ingeënt. Biden sê sy administrasie is gereed om onmiddellik met die inenting van tieners teen die korona-virus te begin sodra entstowwe vir hulle goedgekeur word. Biden se opmerkings volg in die lig van Amerika se reguleringsowerheid vir voedsel en medisyne se verwagte goedkeuring van Pfizer se entstof vir die ouderdomsgroep tussen 12 en 15 jaar: