Vroue en kinders slagoffers in konflik

Altesaam 92 vroue en kinders is onder die 198 mense wat dood is sedert gevegte in die Gaza-strook ‘n week gelede tussen Israel en Palestynse militante uitgebreek het. Meer as 1 200 mense is beseer. Israel het vroeër vandag verskeie lugaanvalle uitgevoer waarin paaie, kraglyne en die huise van Hamas-bevelvoerders beskadig is. Volgens Israel is meer as 3 000 vuurpyle op die land afgevuur sedert die gevegte begin het en dit het wydverspreide skade veroorsaak.