Hotel Schweizerhaus vier 55ste bestaansjaar

Die bekende Hotel Schweizerhaus op Swakopmund waar heerlike Duitse gebak ook by hul Café Anton geniet kan word, vier sy 55ste verjaardag. Kosmos 94.1 Nuus het met Sylvia Kleyenstueber gesels wat al hul kliënte vir hul ondersteuning bedank. Sy sê die vierde geslag van die familie is nou aan die stuur het en hopelik sal die besigheid nog na die volgende geslag oorgedra kan word.