Moordbeskuldigde Daniel Roberts weer môre in hof

Die 36-jarige moordbeskuldigde Daniel Roberts verskyn weer môre in die Swakopmund-landdroshof. Volgens die staat het Roberts die laaste naweek van Maart saam met die slagoffer, die 69-jarige Thomas van Schalkwyk, by sy huis aan die kuier geraak. ‘n Argument het tussen die twee ontstaan en die Roberts het na bewering vir Van Schalkwyk verwurg. Hy het toe sy motor gevat en na ‘n dwelmhandelaar in Narraville gery en die groen Jeep vir dwelms verruil. Van Schalkwyk is dood in sy huis aangetref. Die staat sê Van Schalkwyk het blyplek vir Roberts verskaf nadat hy van Otjiwarongo na die kus toe verhuis het om werk te soek.