Vrou wat verdink word van steekdood van 16-jarige seun, borg geweier

Die 20-jarige vrou wat verbind word met die dood van ‘n 16 jarige graad agt-op Otjiwarongo, het in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn. Navula Hunibes word verbind met die dood van die 16-jarige Wesley Dai-Khib, wat met ‘n kombuismes in die nek in Hunibes se huis doodgesteek is. Die polisie het hom in haar huis dood aangetref en haar in hegtenis geneem. Sy het aan landdros Karel Muyeghu gesê sy sal haar eie verdediging op ‘n klag van moord hanteer. Hunibes is borg geweier en is in aanhouding by die Otjiwarongo-polisiestasie. Haar saak is tot 26 September 2022 uitgestel vir verdere polisieondersoek.