Huurders, eienaars is beide onder erge druk

Eiendomsagente het gereageer op FNB se waarskuwing oor die impak van die heersende ekonomiese toestande op huur. Volgens die bank skaal huurders eerstens af maar, eienaars is ook onder druk omdat hulle stygende rentekoerse in die gesig staar maar, verdien nie voldoende geld uit verhuring nie. Hillie Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Eiendomme vat dit nog ‘n stap verder en sê eienaars trek uit hulle eiendomme uit en poog om deur middel van huurders die paaiement vol te hou. Sy voeg by dat verkope ook daal …