8,5m entstowwe sal nie verval nie, Sahpra verleng dit eenvoudig

Die Suid-Afrikaanse Regulasie-owerheid vir Gesondheidsprodukte het die verlenging van vervaldatums van Covid-19-entstofdosisse goedgekeur. Die vervaldatum van miljoene dosisse is tot Desember en Januarie verleng. Meer as 8,5 miljoen Pfizer-dosisse sou aan die einde van volgende maand vernietig word. Volgens die uitvoerende hoof van Sahpra, Boitumelo Semete-Makokotlela, is die entstowwe steeds heeltemal veilig en doeltreffend: