Vrou van Equador word wakker in kis

Roubeklaers by die begrafnis van ‘n bejaarde vrou in Equador was stomgeslaan toe hulle besef het dat sy nog leef. ‘n Hospitaal in die stad Babahoyo het die 76-jarige Bella Montoya dood verklaar nadat sy ‘n beroerte gehad het. Sy is by die begrafnisondernemer in ‘n kis geplaas en ‘n nagwaak is vir haar gehou. Haar naasbestaandes het die kis oopgemaak om vir haar ander klere aan te trek. Sy het skielik na haar asem gesnak en haar oë oopgemaak. Reddingswerkers is ontbied en sy is na dieselfde hospitaal geneem wat haar dood verklaar het. Equador se minister van gesondheid het ‘n komitee aangestel om die voorval te ondersoek.