Geskorste openbare beskermer vra opskorting van haar ondersoek

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, vra die algehele verwydering van die Parlement se Artikel 194-ondersoek na haar geskiktheid vir die posisie. Sy het aan die media gesê die voorsitter, Richard Dyantyi, en twee ander ANC-LP’s, wyle Tina Joemat-Petterson en Pemmy Majodina, het probeer om omkoopgeld van 600 000 Suid-Afrikaanse rand by haar man, Mandla Skosana, te kry om ʼn positiewe uitslag vir sy vrou te verseker. Volgens Mhkwebane is die uitslag van die ondersoek vooraf bepaal en ʼn vermorsing van belastinggeld.