Optimum-steenkoolmyn betaal R6,9 miljoen se motorlisensie-skuld

Die Optimum-steenkoolmyn het ‘n ooreenkoms met die Spesiale Ondersoek-eenheid bereik om ongeveer 6,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand se onbetaalde motorlisensie-gelde en boetes terug te betaal. Die ooreenkoms volg ná die eenheid ondersoek ingestel het rondom korrupsie en wanadministrasie in die nasionale en provinsiale departemente van vervoer. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die SOE behou die reg voor om regstappe te volg en bewyse van misdadige optrede na die Nasionale Vervolgingsgesag te verwys.