Vrou in Gobabis-kroeg beseer tydens gewapende rooftog

Vier onbekende gewapende mans het die Okashandja-kroeg en -depot by Gobabis in Omaheke-streek beroof en werknemers gyselaar gehou en aangerand. Volgens die Namibiese polisie het die verdagtes met twee handgewere, ‘n panga en ‘n hamer die kroeg binnegegaan, ‘n skoot afgevuur en werknemers met vuurwapens gedreig. Die slagoffers is glo gyselaar gehou, kontant en die kluissleutel is geëis het, waarna hulle al die kontant uit ‘n tellermasjien gesteel het. ‘n Vroulike werker is tydens die gestoei beseer toe sy met ‘n panga en hamer geslaan is. Die verdagtes het met die kluis van die toneel gevlug. Sommige dele van die tellermasjien en ‘n dobbelmasjien is teruggevind. Die waarde van gesteelde geld en items moet nog bepaal word. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek duur voort.