Vrou beseer toe sy uit bewegende voertuig spring

Die Namibiese polisie het ‘n vreemde geval wat oor die naweek plaasgevind het, aangemeld. Volgens die mag, het ‘n 49-jarige vroue uit ‘n bewegende voertuig gespring, en ernstige kopbeserings opgedoen. Sy het volgens die polisie Vrydagaand geryloop na Okongo in die Noorde, vanaf die Opepela-nedersetting. ‘n Man, 29, het haar opgetel en toe daarna, nog twee mans opgetel, op pad Opepela toe. Daarna het die vrou uit die voertuig gespring. Sy is in die distrikshospitaal op Okongo opgeneem en is stabiel. Die polisie se ondersoek duur voort.