Africa Facts Zone se feite is verkeerd. Punt.

‘n Plasing deur Africa Facts Zone oor hoekom Namibië Chinese kontrakteurs gebruik het wyd reaksie uitgelok. Volgens die plasing was die stand van paaie uiters swak in 1990 en daar was plaaslik nie kapasiteit nie en dus, die gebruik van Chinese kontrakteurs. Kosmos 94.1 Nuus het met die Paaie-owerheid se hoof, Conrad Lutombi gepraat en hy sê ook die berig is nie korrek nie.