Cyril moet noodtoestand by Eskom verklaar

Die DA sê President Cyril Ramaphosa is nou verplig om ‘n noodtoestand by Eskom te verklaar. Dit volg nadat die kragverskaffer fase ses-beurtkrag aangekondig het weens opwekkingseenhede wat reg oor sy stelsel onklaar geraak het. ‘n DA-woordvoerder, Kevin Mileham, sê opwekkingsvermoë by Eskom se aanlegte het die afgelope week aansienlik versleg wat bevestig dat aanlegte se onderhoudsplanne in ‘n krisis is: