VRK word nou baie mededingend

Na ses rondes van die tweede Verenigde Rugbykampioenskap is ál vier Suid-Afrikaanse spanne in die boonste helfte van die punteleer. Die liga is besig om baie mededingend te word. Die Ierse spanne, Leinster en Ulster, is bo-aan die punteleer, gevolg deur die Bulle en die Stormers. Die Sharks lê sewende en die Leeus agtste. Die uitvoerende hoof van die VRK, Martin Anayi, sê dit is ‘n goeie afskop vir die seisoen: