Zambezi Lives Matter loof Geingob se kommentaar oor bure wat mekaar skiet

Die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging in die Zambezi, Sinvula Mudabeti, het aanmerkings deur President Hage Geingob verwelkom. Geingob het aan die uitgaande hoë kommissaris van Botswana gesê die verhouding tussen die twee lande moenie versuur word wanneer burgers van die twee lande mekaar skiet nie. Mudabeti baklei sedert die 2020-dood van die vier Nchindo familielede vir geregtigheid. Hy sê hulle is bitter dankbaar vir die kommentaar.