Musk voltooi Twitter-aankoop

Elon Musk se aankoop van Twitter is voltooi. Hy het Twitter se uitvoerende hoof, Parag Agrawal, die finansiële hoof Ned Segal en Vijaya Gadde, hoof van regsake en beleid, afgedank. Volgens ‘n verklaring op sy eie Twitter-blad, sê hy dat hy die sosiale media reus aangekoop het omdat die wêreld ‘n virtuele dorpsplein nodig het. Hy sê hy ondervind dat sosiale media platforms tussen linkse en regse neigings skei en hy wil dit keer. Dus, meen hy, hy het Twitter aangekoop vir die mensdom. Hy was natuurlik genoodsaak om die transaksie te finaliseer teen vyf-uur vanaand luidens ‘n hofbevel. Kenners meen oud-president Donald Trump sal in ‘n kwessie van ‘n dag of twee terug wees op die platform.