Vries staatsamptenare se salarisse vir 3 jaar – Outa

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, het ‘n inset gelewer oor salarisverhogings in die staatsdiens. Dit volg op die Minister van Staatsdiensadministrasie, Senzo Mchunu, se versoek vir insette uit die burgerlike gemeenskap nadat onderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die vereniging vir staatsdienswerkers eis ‘n verhoging van meer as 7 persent, maar die regering sê hy kan dit nie bekostig nie. Wayne Duvenage van Outa sê hulle steun ‘n bevriesing van 3 jaar vir salarisse in dié sektor.