Stad Johannesburg gee skuldverligting, Amupanda reageer

Die Stad Johannesburg het aangekondig dat dit ‘n verbeterde skuldverligtingsprogram goedgekeur het. Dit sluit in bykomende skuldverligtings-maatreëls vir eiendomsbesitters wie se munisipale rekeninge weens die Covid-19 pandemie agterstallig geraak het. Dié program sal sorg dat kwalifiserende belastingbetalers ‘n skuldafskrywing van 50 persent ontvang. Dr Job Amupanda Stad Windhoek se Burgemeester sê enigiets is moontlik maar, dit moet om ons eie omstandighede aangepas word.