Polisielid vas vir veediefstal

Plaaslike media berig dat Adjudant Offisier Jesaja Ngalandji van die Karas polisie vroeër die week in hegtenis geneem is op klagte van veediefstal, kwaadwillige saakbeskadiging, dwarsboming van die gereg en meer. Volgens die streek se Misdaad Koördineerder Chrispin Mubebo, het Ngalandji sy rang gebruik om toegang tot vee te kry. Hy het na wat beweer word 4 skaap in ‘n polisie voertuig gelaai en toe die Aus polisie hom beveel om te stop het hy geweier. Die polisie het sy bande raak geskiet en hy het beheer oor sy voertuig verloor en dit het die pad verlaat. Mubebo sê hy het probeer vlug. Hy sal weer op 12 Mei in die Lüderitz Landdroshof verskyn. Hy is borg geweier en bly in aanhouding.