Vreemde sluipmoord-tipe voorval in Windhoek-Noord, Chinese burger geskiet

Die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie meld ‘n vreemde voorval aan. Volgens die mag word daar beweer dat drie mans, waarvan twee gewapen was, die perseel van ‘n gastehuise in Windhoek-Noord betree het met een van die mans wat die sekuriteitswag vasgehou het terwyl die ander twee reguit na die kamer van ‘n Chinese burger gegaan het. Die man, 51, is in die buik geskiet. Items is gesteel maar Nampol het geen besonderhede verskaf nie. Die slagoffer is in ‘n kritieke toestand by die Katutura-hospitaal. Daar is geen verdagtes nie en die ondersoek duur voort.