Staatskaping is steeds ‘n werklikheid

President Cyril Ramaphosa sê ondanks pogings om staatskaping te hanteer, is dit steeds ‘n werklikheid. Hy het Suid-Afrika toegespreek om die regering se stappe uiteen te sit om die aanbevelings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping in werking te stel. Ramaphosa sê die staatskapingsverslag het meer as 350 aanbevelings gemaak, met die meeste aan wetstoepassingsagentskappe gerig, vir ondersoek en moontlike vervolging, en die herwinning van wanbestede fondse:

Ramaphosa sê die staatskapingskommissie het ook verskeie omvattende aanbevelings gemaak ten opsigte van verkrygingshervorming. Hy sê die regering ondersteun en aanvaar dit en is reeds besig om dit in werking te stel: