SA berei voor vir COP27

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, en die adjunk-president van die Presidensiële Klimaatkommissie, Valli Moosa, bied vandag ‘n nasionale belanghebbers-beraad in Midrand, Gauteng, aan. Dit is ‘n voorloper van die internasionale klimaatberaad in Egipte volgende maand. ‘n Departementele woordvoerder, Albi Modise, sê die 27ste Konferensie van Partye, wat deel is van die Verenigde Nasies se Konvensie oor Klimaatverandering, word in Sharm El-Sheik gehou: