Vragmotorbestuurder beseer toe hy met trein op Usakos bots

Die skakelbeampte van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het die jongste nuus in verband met vanmiddag se ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n trein op Usakos, gegee. Sy het gesê die ongeluk het vanmiddag omstreeks twintig oor een plaasgevind toe die vragmotor met ‘n staande treinwa gebots het en twee treinwaens ontspoor het. Die vragmotorbestuurder is beseerm, gestabliseer en na ‘n hospitaal geneem. Volgens die voorlopige ondersoek, het die remme van die vragmotor gefaal. Raubenheimer gesels met Kosmos 94,1 Nuus.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *