Staatshoofde van Afrika maak beswaar teen Israel se waarnemerstatus

Die 41ste gewone beraad van die staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het beswaar aangeteken teen die eensydige besluit van die voorsitter van die Afrika-unie Kommissie om Israel waarnemerstatus by die organisasie toe te staan. Israel se waarnemerstatus bied Tel Aviv die geleentheid om toegang tot Afrika-beleidmakers te verkry en dit te beïnvloed vir ondersteuning, selfs al word Palestyne onderdruk en hul gebied met geweld beset. Die Afrika-unie het histories by die mense van Palestina gestaan en ‘n tweestaat-oplossing in die Midde-Ooste ondersteun. Eddie Cross, voormalige Zimbabwiese premier, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die besluit.