Amerikaanse gesant in Noord-Korea gaan Suid-Korea die naweek besoek

Suid-Korea se ministerie vir buitelandse sake sê die Amerikaanse gesant in Noord-Korea sal Suid-Korea die naweek besoek. Dit vind plaas te midde van ‘n dooiepunt oor Suid-Korea en Amerika se gesamentlike militêre oefeninge wat volgens die Noorde ‘n veiligheidskrisis kan veroorsaak. Amerika se spesiale gesant in Noord-Korea, Sung Kim, kom môre vir ‘n besoek van vier dae in Seoel aan waar hy ook sy Suid-Koreaanse ampsgenoot, Noh Kyu-duk, sal ontmoet. Hulle sal na verwagting maniere bespreek om saam te werk en betekenisvolle vordering te maak met die verwydering van kernwapens en volhoubare vrede op die Koreaanse Skiereiland.