Vraghouer denims: Goedere is op 20 sent stuk verklaar sê Shivute

Die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, Sam Shivute, sê 63 persent van goedere wat in die land ingevoer word vir handelsdoeleindes is onderwaardeer, verkeerd geklassifiseer of nie verklaar nie. Hy sê daar is groot verliese vir die staat en het bevestig dat ‘n besending denims was verklaar op ‘n waarde van 20 sent per item. Hy voeg by dat selfone in verskillende besendings van verskillende onderdele by verskeie grense die land binnekom. Hy het besighede in die land gemaan om regulasies na te kom.