TransNamib waarsku werkers oor intimidasie

Na aanleiding van die staking deur TransNamib-werknemers, wil die maatskappy beklemtoon dat TransNamib as ‘n verantwoordelike korporatiewe burger die regte van werkers om te staak respekteer, en geen vorm van intimidasie teen stakende en nie-stakende werkers plaasgevind het nie. TransNamib sê hy hou by die stakingsreëls. Abigail Raubenheimer, korporatiewe kommunikasiebestuurder van TransNamib sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit het onder hul aandag gekom dat van hul nie-stakende werknemers geïntimideer word.

Raubenheimer gee ‘n oorsig hoe TransNamib in hierdie situasie beland het …