Vrag- en logistiekgemeenskap vergader in Gauteng

Gauteng se LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, Jacob Mamabolo, sal vandag met die vrag- en logistiek-gemeenskap vergader. Dit is deel van die departement se strategie om Gauteng te laat groei deur slim beweeglikheid wat vragvervoer en logistiek beskou as die belangrikste faktor om die provinsie se ekonomie weer op koers te kry. Die departement werk daaraan om volhoubare, wedersyds voordelige vennootskappe te ontwikkel en te bou omdat die aard van die bedryf hierdie ingrypings deur die hele waardeketting vereis.