Immigrasiebeampte by Trans-Kalahari-grenspos vas oor omkopery

‘n Namibiese immigrasiebeampte by die Trans-Kalahari-grenspos in die Omaheke-streek is in hegtenis geneem na hy na bewering omkoopgeld van ‘n Zimbabwiese burger aanvaar het wat ‘n probleem gehad om Namibië binne te kom. Na bewering het die 38-jarige beampte en die 31-jarige Zimbabwiese burger ooreenkom dat hulle by die grenspos ontmoet wanneer die beampte sy skof begin en die Zimbawiër deur die grens op ‘n besoekerspermit vir 62 dae te laat.