Britse joernalis uit Australië gedporteer

Die omstrede Britse joernalis en kommentator Katie Hopkins gaan uit Australië gedeporteer word vir die verbreking van die land se Covid-19-kwarantyn-maatreëls. Die Australiese media berig sy is in die land om in die werklikheidsreeks Big Brother VIP te verskyn. Hopkins moes twee weke lank in afsondering in ‘n hotelkamer bly, maar het in ‘n video op Instagram gespot hoe sy kos kry deur die deur sonder masker of klere oop te maak. Haar visum is toe ingetrek en sy moet huis toe gaan.