Vrae oor Navachab-myn se poste

Inwoners van Karibib, Usakos en omliggende nedersettings in die Erongo-streek is ontevrede oor die werwing van 60 masjien-operateurs by die Navachab-goudmyn by Karibib. Volgens ‘n gemeenskapslid is die aansoekers waarmee onderhoude gevoer is, nie van die Erongo-streek nie, maar van die verre noordelike en suidelike streke.