Aarde word al hoe warmer

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê dit word toenemend moontlik dat die aarde se gemiddelde temperatuur op ‘n stadium minstens tydelik ‘n kantelpunt sal bereik. Die organisasie se sekretaris-generaal, Pettri Taalas, het in ‘n verklaring gesê dit is besig om meer as net statistiek te word. Hy sê stygende temperature beteken nog ys wat smelt, hoër seevlakke, meer hittegolwe en ander uiterste weerstoestande. Dit alles sal ‘n groot uitwerking op voedselsekerheid, gesondheid, die omgewing en volhoubare ontwikkeling hê.