Vraag na Kanadese esdoringstroop styg

‘n Skerp styging in die vraag na esdoringstroop het Quebec se federasie van esdoringstroop-vervaardigers in Kanada gedwing om die eerste keer in drie jaar hulle strategiese reserwes te gebruik. Die federasie het sowat die helfte van sy noodvoorraad vrygestel, wat ongeveer 22 miljoen kilogram stroop is. Quebec vervaardig ‘n driekwart van die wêreld se esdoringstroop. Die probleem is veroorsaak deur ‘n groot toename in verkope wêreldwyd en ‘n kleiner oes weens ‘n warmer en korter oes-periode.